"As ek nie roem in my swakhede nie, het ek niks om oor te roem nie."

Baie keer het ons 'n sekere idee of prentjie in ons koppe van hoe ons dink kunstenaars moet lyk. Dalk is jy hier met 'n idee van hoe ek moet lyk?

As ek as kunstenaar jou enigsins laat voel asof daar een of ander skeiding tussen my en jou is, is ek besig om iets verkeerd te doen. Maak nie saak hoe beroemd jy is nie, daar is net Een wat goed is: God. Ek sal nooit vergeet toe God eendag vir my vra: "Is dit okay met jou as niemand ooit jou naam ken nie?" Die regte antwoord was seker ja, maar my antwoord was nee... Ek is nie okay daarmee nie. 

Ek het 'n baie sterk dryf gehad om bekend te wees en ek het vir die eerste paar jaar nie besef hoekom ek dit doen nie. Ek wil sommer onmiddelik na die punt toe beweeg - Ek was insecure en het identiteits probleme gehad en agv dit wou ek op die verhoog wees sodat mense my kan aanvaar. Hoekom? Want ek het nie geweet wie ek is nie! As jy my stem en my kitaar sou weg vat, het daar niks van my oorgebly nie.

Ek het 'n lang pad saam met ander gelowiges en geestelike familie geloop om te ondek wie ek is in Hom. Mense wat my lief genoeg gehad het om met my eerlik te wees, selfs al maak dit seer. 

Baie lang storie kort: Ek glo dat ons almal deur dieselfde genade gered is en dat net God goed is en nie een van ons nie. Ek wil my gawe gebruik om Hom te anbid en mense te lei om Sy Naam saam met my groot te maak.